SUID-AFRIKA se werkloosheidsyfer het in die tweede kwartaal tot 23,3% gekrimp.

Dit is 6,8% minder as in die eerste kwartaal, maar Statistieke Suid-Afrika (SSA) sê in die kwartaalikse arbeidsindeks die werkloosheidsyfer verwys slegs na mense wat aktief vir werk soek. Dus is mense, wat tussen April en Junie weens inperkingsregulasies nie werk kon soek nie, daarby ingesluit.

Sou daardie mense bygetel word, het die syfer eintlik tot 42% gestyg.

Luidens die arbeidsindeks het die aantal werkende mense van 2,2 miljoen tot 14,1 miljoen gedaal. Dis die grootste kwartaal-tot-kwartaal afname sedert 2008.

Die aantal werkloses het ook aansienlik afgeneem met 2,8 miljoen tot 4,3 miljoen.

Luidens die verslag is ‘n groot aantal werkende mense na die kategorie vir nie-ekonomies aktiewe mense oorgeskuif. Mense in dié afdeling word nie bygetel by die amptelike werkloosheidsyfer nie. Die 23,3% sluit ook nie mense in wat aktief vir werk soek nie.

Die arbeidsindeks wys dat 20,6 miljoen mense tussen 15 en 64 jaar nie-ekonomies aktief is. Dit is 5,2 miljoen meer as in die eerste kwartaal.

Verder het die werkloosheidsyfer in al die provinsies, behalwe die Vrystaat, gestyg. Vrystaat het ‘n daling van 3,3% gehad.

Die grootste styging (5,1%) was in die Noord-Kaap gevolg deur die Oos-Kaap (3,9%).

Source: Die Son

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *