IR meer oor Covid-19 in Suid-Afrika besoek ook SAcoronavirus.

Bevestigde gevalle: 693 359

Sterftes: 17 863

Herstelsyfer: 624 659

Toetse gedoen: 4 418 418
Jongste Covid-19 syfers in Suid-Afrika

  • Tygerberg: 13 708 met 12 963 herstel
  • Metro-Oos: 10 502 met 9 904 herstel
  • Metro-Suid: 10 191  met 9 397 herstel
  • Metro-Wes: 9 961  met 9 247 herstel
  • Klipfontein: 9 372 met 8 703 herstel
  • Mitchells Plain: 8 783 met 8 293 herstel
  • Khayelitsha: 8 422 met 7 975 herstel
  • Metro-Noord: 6 999 met 6 589 herstel
  • Drakenstein: 4 469 met 4 211 herstel
  • George: 3 670 met 3 447  herstel
  • Breedevallei: 3 504 met 3 345 herstel
  • Mosselbaai: 2 444 met 2 309 herstel
  • Stellenbosch: 2 146 met 2 019 herstel
  • Swartland: 1 664 met 1 539 herstel
  • Overstrand: 1 653 met 1 589 herstel
  • Witzenberg: 1 647 met 1 547 herstel
  • Knysna: 1 575 met 1 505 herstel
  • Oudtshoorn: 1 510 met 1 339 herstel
  • Saldanhabaai: 1 448 met 1 328 herstel
  • Theewaterskloof: 1 204 met 1 148 herstel
  • Langeberg: 1 180 met 1 105 herstel
  • Beaufort-Wes: 804 met 697 herstel
  • Bitou: 641 met 599 herstel
  • Matzikama: 625 met 473 herstel
  • Bergrivier: 479 met 419 erstel
  • Swellendam: 356 met 335 herstel
  • Hessequa: 331 met 309 herstel
  • Agulhas: 301 met 278 herstel
  • Cederberg: 171 met 164 herstel
  • Laingsburg: 142 met 132 herstel
  • Kannaland: 130 met 118 herstel
  • Prins Albert: 34 met 31 herstel

Nie toegeken nie: 2 141 met 2 079 herstel

Bron: Wes-Kaapse regering

MOET EN MOENIES VAN LEVEL 1 LOCKDOWN

VLAK-1 van die lockdown tree Maandag, 21 September 2020 om 00:00:01 in werking.

Enigeen wie die regulasies oortree, kan beboet word of tronkstraf van ses maande opgelê word.

Hier is wat jy mag en nie mag doen nie.

Beweging van persone:

Alle persone is beperk tot hul huise tussen 00:00 en 04:00 met die uitsondering van gevalle waar die persoon ‘n permit het om ‘n diens te lewer of op ‘n veiligheids- of mediese noodgeval reageer.

Verpligte protokol in die publiek:

Elke persoon moet ‘n gesigmasker dra wanneer hulle die huis verlaat. Almal wat van openbare vervoer gebruik maak of publieke geboue en plekke binnegaan moet ‘n masker dra.

Begrafnisse:

Slegs 50 persone mag ‘n begrafnis bywoon met geen nagwake. Tydens ‘n begrafnis moet elke persoon ‘n masker dra en die gesondheidsmaatreëls gehoorsaam.

Uitsettings:

Geen uitsettings mag vir die duur van die nasionale rampstatus plaasvind nie mits ‘n hof so ‘n bevel gee.

Verkope en vervoer van alkohol:

Die verkoop van alkohol deur ‘n plek met ‘n geldige dranklisensie word toegelaat tussen 09:00 en 17:00 van Maandae tot Vrydae en nie op Saterdae, Sondae en publieke vakansiedae. Drank mag by plekke met ‘n geldige dranklisensie gedrink word, maar die curfew moet gehoorsaam word.

Byeenkomste:

Alle persone wie byeenkomste bywoon moet ‘n masker dra, gesondheidsmaatreëls moet nagekom word en alle byeenkomste wat toegelaat word, word beperk tot 50% van die normale kapasiteit van die venue maar nie meer as 250 mense vir binne byeenkomste en 500 mense vir buite byeenkomste.

Byeenkomste wat toegelaat word:

  • Aanbiddingsinstellings soos kerke en moskees;
  • Begrafnisse, met GEEN nagwake;
  • Werksplek, vir werkdoeleindes;
  • Konferensies en vergaderings, vir werkdoeleindes;
  • Cinemas, met kaartjies wat aanlyn gekoop moet word;
  • Teaters, konserte en live optredes;
  • Casino’s, beperk tot nie meer as 50% van die beskikbare vloerspasie;
  • Veilings;
  • Troues;
  • Social events by die huis met nie meer as 10 besoekers;
  • Konserte en entertainments events;
  • Fiksheidsentrums en gims;
  • Sportgronde en velde;
  • Swembaddens;
  • Strande en openbare parke;
  • Museums, galerye en biblioteke;
  • Restaurante;
  • Kroeë, taverns en shebeens;
  • Persoonlike sorgdienste, soos hairdressers, skoonheidsalonne en piercing en tatoo parlours;
  • Verbly-instellings en toer-operateurs;
  • Sport-aktiwiteite, insluitende professionele en nie-professionele wedstryde wat deur erkende sportliggame gemagtig is.

Slegs die media; sekuriteit, mediese-dienste en noodsaaklike werknemers word by wedstryde toegelaat saam met die vereiste aantal spelers; wedstryd beamptes; ondersteuningspersoneel;

Geen toeskouers word by sport-wedstryde toegelaat nie

Geen internasionale sport events word toegelaat nie.

‘n Wetstoepasser moet waar ‘n byeenkoms die regulasies oortree die persone opdrag gee om te verdaag. Indien enigeen weier mag stappe geneem word om sulke individue te arresteer.

Plekke wat toe bly vir die publiek is:

• Nagklubs

• Manlike- en vrouelike inisiasiepraktyke is ook verbode

• Alle besoeke deur lede van die publiek aan

  • korrektiewe sentrums;
  • polisie-selle;
  • gesondheidsfasiliteite, behalwe vir behandeling of medikasie
  • Residensiële fasiliteite vir ouer-persone

Vervoer:

• Lang-afstand is ‘n trip van 200km of meer.

• Busse en taxi’s mag nie meer as 70% van die kapasiteit vir langafstand vervoer nie en 100% kapasiteit vir ‘n trip wat nie langafstand is nie

• ‘n Bestuurder, eienaar of operateur mag nie ‘n persoon in die voertuig sonder ‘n masker toelaat nie

• Internasionale reis word vanaf 1 Oktober toegelaat, met maatreëls.

  • ‘n Lys van lande wat toegelaat word sal gepubliseer word,
  • Internasionale reise word slegs deur die hoofgrense of OR Tambo Internasionaal, Kaapstad Internasionaal of King Shaka Internasionaal toegelaat.
  • Reisigers moet ‘n bewys van negatiewe corona-virus toets toon of sal op hul eie onkoste in kwarantyn geplaas word
  • Alle reisigers moet die Covid-19 alert level-app aflaai.

Ekonomiese-sektor:

  • Besigheid wat oop is met meer as 100 werknemers op een vloer, moet waar dit moontlik is voorsiening maak om die aantal werknemers op enige tyd te verminder.
  • Relevante gesondheidsmaatreëls vir persone werksaam by private wonings moet nagekom word.
  • Werkgewers moet toepaslike maatreëls implementeer vir werknemers ouer as 60 of diegene met onderliggende siektes.
  • Konstruksie, vervaardiging, besigheid en finansiële dienste-maatskappye met meer as 500 werknemers moet voldoen aan die toepaslike sektor of werksplek-reëling.

SOURCE: DIE SON

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *