“VANAF die eerste dag toe ek in daai kamera gekyk het, het ek geweet dis ’n tuiste vir my – televisie is waar ek wil wees.”

Ons het dié week met die aanbieder van die gewilde gospelprogram Koortjies met Jonathan Rubain oor sy TV-reis gepraat.

“Dit was life-changing vir my. Ek besef hoeveel lewens deur hierdie program aangeraak is.

“Oral waar mense my kry, stop hulle my en vertel my hoe die show hul lewe aangeraak het. Ek dink dié is vir my die wonderlikste ervaring nog ooit in my lewe.”

Launch

Sondagaand is dit die grand finale van dié program, wat baie van ons na ons kerkwortels teruggeneem het.

En ghrênder as dié week se gaste gaan ons ver voor moet soek.

“Dié week kom launch die powerhouse sangeres Elwira Standili haar nuwe song.

“David Jantjies kom doen ook sy song op televisie.

“Ek dink dié man van Macassar het ’n blink toekoms in die musiekbedryf.”

Jonathan verklap dat hy en die briljante saxofoonspeler Don Vino die klassieke lied “The Prayer” gaan doen.

“Ek interview ál drie van hulle en hulle gaan hul stories met ons deel.”

Die aanbieder vertel trots die oomblik wat vir hom uitgestaan het op sy televisiereis, was toe Koortjies vanaf ’n 30 minuut lange tot ’n uur lange episode verleng is.

Slaplê

“Die aanvraag van die kykers om die program langer te maak, was groot.

“En ná die 13de episode het ons ’n uur lange episode uitgesaai. Dit was vir my ’n groot oomblik.”

Hoewel dit die grand finale van Koortjies is, gaan die musikant nie slaplê nie.

Hy vertel dat hy aan twee groot projekte werk.

“My groep – Seuns van Sion – is tans besig om ’n konsert te reël. Ek is ook in die studio.

“Ek neem ’n album op. Die plan is om die album binne ’n maand uit te reik.”

Rubain het nog nooit geskroom om groot te droom nie. Hy is die enigste gospelmusikant wat dit kon regkry om die massiewe GrandWest-arena uit te verkoop. Hy deel sy ander groot droom met ons.

“Ek wil baie graag die Kaapstad-stadion vul. Ek het alreeds daaraan begin werk.

Spesiaals

“Dis nou net ’n bietjie moeilik met die hele Covid-maat­reëls.”

Hy en die Koortjies-span is ook besig met iets spesiaals.

“Ons beplan om vir vier episodes in Desember terug te kom vir ’n Krismis-special.”

Ons wens vir Rubin alle sterkte voorentoe en GOD seen

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *