DIE gemeenskap van Kleinvlei in Eersterivier het hul ongelukkigheid in ’n protesoptrede uitgedruk, nadat ’n kind die naweek in die kruisvuur van bendes beland het.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, is hulle Saterdag omstreeks 18:00 na Wildebees-straat in Kleinvlei uitgeroep. 

“Met die polisie se aankoms is hulle ingelig dat ’n 13-jarige meisie raak geskiet is. Sy is na ’n nabye hospitaal toe geneem.”

Rwexana sê die omstandighede rondom die skietvoorval word nog ondersoek. 

Volgens inwoners het rival gangs oor en weer na mekaar geskiet en is die tiener deur ’n dwaalkoeel getref. 

“Twee ure voor die kind raakgeskiet is, het die skote heeltyd afgegaan, maar daar was nie ’n polisievan in sig nie.”

Na die kind geskiet is, het die polisie volgens die gemeenskap ook hul tyd gevat om by die toneel uit te kom. Die gemeenskap het toe in Angorastraat bymekaar gekom en tyres gebrand om hul ontevredenheid met hul lot te beklemtoon.

“Niemand is nog in verband met die skietery aangekeer nie,” sê Rwexana.

Source: Die Son

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *