KLEIN Leo Williams (9) se stryd het tot ’n einde gekom ná sowat drie weke op life support.

Sedert hy in die Rooi Kruis- kinderhospitaal opgeneem is, het die dokters vir hom geveg, maar Maandagmiddag is besluit om die masjiene af te skakel.

Lede van die polisie se eenheid vir openbare eenheid het Leo, van Laingville in St. Helenabaai, na bewering in die kop gewond toe hulle gedurende ’n optog op inwoners losgebrand het.

Nadat die jong seun se toestand laas week ’n bietjie verbeter het, het hy weer vinnig agteruitgegaan.

Sy brein het weer begin swel, hy’t baie gewig verloor en sy maag was kliphard.

Uitgeblaas

Thyrone Williams, ’n gemeenskapsleier en woordvoerder van die familie, het die land Maandag in die sosiale media ingelig dat Leo nie meer lewe nie.

Hy skryf: “Goeie dag, Suid-Afrika. Dis met groot hartseer dat ek hierdie boodskap moet oordra: Leo se masjiene is 14:30 afgesit en om 14:40 het hy sy laaste asem uitgeblaas.”

Williams het aan Son gesê die hospitaal het hulle laas Donderdag ingeroep.

Toe hulle by die hospitaal kom, was Leo steeds aan masjiene gekoppel en besig om te veg, sê Williams.

Volgens Williams het die dokters toe nog die masjiene aangehou wat hom aan die lewe gehou het, maar die masjien wat medikasie toedien, is toe afgeskakel.

Source: Die Son

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *