VIR meer oor Covid-19 in Suid-Afrika besoek ook SAcoronavirus.

Bevestigde gevalle: 589 886

Sterftes: 11 982

Herstelsyfer: 477 671

Toetse gedoen: 3 415 670

LEVEL 2 MOET EN MOENIES

VLAK-2 van die lockdown tree Dinsdag, 18 Augustus 2020 om 00:00:01 in werking. 

Enigeen wie die regulasies oortree, kan beboet word of tronkstraf van ses maande opgelê word.

WANNEER JY DIE HUIS MAG VERLAAT:

Alle persone is beperk tot hul huise tussen 22:00 en 04:00 met die uitsondering van gevalle waar die persoon ‘n permit het om ‘n diens te lewer of op ‘n veiligheids- of mediese noodgeval reageer.

VERPLIGTEND IN DIE PUBLIEK:

Elke persoon moet ‘n gesigmasker dra wanneer hulle die huis verlaat. Almal wat van openbare vervoer gebruik maak of publieke geboue en plekke binnegaan moet ‘n masker dra.

BEGRAFNISSE:

Slegs 50 persone mag ‘n begrafnis bywoon met geen nagwake. Tydens ‘n begrafnis moet elke persoon ‘n masker dra en die gesondheidsmaatreëls gehoorsaam.

UITSETTINGS:

Geen uitsettings MAG UITGESIT word vir die duur van die nasionale rampstatus plaasvind nie, mits ‘n hof so ‘n bevel gee.

ALKOHOL VERKOPE EN VERVOER:

Die verkoop van alkohol deur ‘n plek met ‘n geldige dranklisensie word toegelaat tussen 09:00 en 17:00 van Maandae tot Donderdae en nie op Vrydae, Saterdae, Sondae en publieke vakansiedae. Geen drank mag op die perseel gedrink word nie.

Openbare vervoer:

  • Lang-afstand is ‘n trip van 200km of meer.
  • Busse en taxi’s mag nie meer as 70% van die kapasiteit vir langafstand vervoer nie en 100% kapasiteit vir ‘n trip wat nie langafstand is nie
  • ‘n Bestuurder, eienaar of operateur mag nie ‘n persoon in die voertuig sonder ‘n masker toelaat nie
  • Alle gesondheidsmaatreëls moet nagekom word.

Ekonomiese-sektor:

  • Besigheid wat oop is met meer as 100 werknemers op een vloer, moet waar dit moontlik is voorsiening maak om die aantal werknemers op enige tyd te verminder.
  • Relevante gesondheidsmaatreëls vir persone werksaam by private wonings moet nagekom word.
  • Werkgewers moet toepaslike maatreëls implementeer vir werknemers ouer as 60 of diegene met onderliggende siektes.
  • Konstruksie, vervaardiging, besigheid en finansiële dienste-maatskappye met meer as 500 werknemers moet voldoen aan die toepaslike sektor of werksplek-reëling.

BYEENKOMSTE:

Alle persone wie byeenkomste bywoon moet ‘n masker dra, gesondheidsmaatreëls moet nagekom word en alle byeenkomste wat toegelaat word, word beperk tot 50 of minder mense. 

Byeenkomste wat toegelaat word:

  • Aanbiddingsinstellings soos kerke en moskees;
  • Begrafnisse, met geen nagwake;
  • Werksplek, vir werkdoeleindes;
  • Konferensies en vergaderings, vir werkdoeleindes;
  • Cinemas, met kaartjies wat aanlyn gekoop moet word;
  • Teaters, konserte en live optredes;
  • Casino’s, beperk tot nie meer as 50% van die beskikbare vloerspasie;
  • Veilings;
  • Troues;
  • Social events by die huis met nie meer as 10 besoekers;
  • Konserte en entertainments events;
  • Fiksheidsentrums en gims;
  • Sportgronde en velde;
  • Swembaddens;
  • Strande en openbare parke;
  • Museums, galerye en biblioteke;
  • Restaurante;
  • Kroeë, taverns en shebeens;
  • Persoonlike sorgdienste, soos hairdressers, skoonheidsalonne en piercing en tatoo parlours;
  • Verbly-instellings en toer-operateurs; 
  • Sport-aktiwiteite, insluitende professionele en nie-professionele wedstryde wat deur erkende sportliggame gemagtig is.

Slegs die media; sekuriteit, mediese-dienste en noodsaaklike werknemers word by wedstryde toegelaat saam met die vereiste aantal spelers; wedstryd beamptes; ondersteuningspersoneel;

Geen toeskouers word by sport-wedstryde toegelaat nie

Geen internasionale sport events word toegelaat nie.

‘n Wetstoepasser moet waar ‘n byeenkoms die regulasies oortree die persone opdrag gee om te verdaag. Indien enigeen weier mag stappe geneem word om sulke individue te arresteer.

Plekke wat toe bly vir die publiek is

+ Nagklubs

+ Manlike- en vrouelike inisiasiepraktyke is ook verbode

+ Alle besoeke deur lede van die publiek aan

  • korrektiewe sentrums; 
  • polisie-selle; 
  • gesondheidsfasiliteite, behalwe vir behandeling of medikasie
  • Residensiële fasiliteite vir ouer-persone

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *