Neem asseblief kennis dat me. Tilla van der Walt gister (24/06/2020) positief getoets is vir COVID-19. Sy het Saterdag 20/06/2020 begin simptome ervaar en is Maandag 22/06/2020 huis toe gestuur na die “screening” proses. Dit impliseer dat ons veral moet kyk na haar aktiwiteite vanaf 17/06/2020.
Gedurende hierdie tyd het sy geen direkte kontak gehad met leerders nie en die areas waar sy was bëinvloed nie die areas waar ons tans skoolgee nie. Sy is tans in isolasie en enige onderwysers wat in direkte kontak was, is ook tans in self-isolasie. Verder is die areas waar sy beweeg het, afgeperk vir “deep cleaning”. Hierdie skoonmaakproses sal ook geen inpak hȇ op die normale skooltyd nie.
Hierdie aksies val binne die riglyne en voorskrifte soos voorsien deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement soos bepaal deur die Gesondheidsdepartement en die Wȇreldgesondheidsorganisasie. Die skool het dus alle protokolle gevolg om die risiko van enige verder infeksies te bestuur. Daar bestaan dus geen rede om die skool te sluit nie
Ons wil u weer verseker dat u kind se veiligheid ons hoogste prioriteit is en dat ons nie onnodige risiko’s sal neem nie. Tog het ons begrip dat u as ouer nog steeds die primȇre versorger is. Al is ons van mening dat dit veilig is en dat dit in u kind se beste belang is om skool by te woon, is dit nog steeds u as ouer se besluit.
Ook wil ons as skool u aanmoedig om ons te kontak indien u of u kind enige hulp nodig het in hierdie tydperk. Dit is moeilike tye met nog moeiliker besluite om te neem. Sou u voel u kan dit nie alles hanteer nie, wil ons u versoek om die skool te kontak en ‘n afspraak te maak met mnr. Gershon Witbooi wat ‘n gekwalifiseerde maatskaplike werker in diens van die skool is. 
Ons vesoek u ook om juffrou Tilla en haar gesin op te dra in u gebede vir ‘n spoedige en volledige herstel.


#Grabbies Groete

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *