‘N DEEL van die N1 is Dinsdagoggend gesluit ná ‘n busongeluk wat ses mense beseer gelaat het.

Die voorval het 10km buite Laingsburg gebeur.

Netwerk24 berig dat een vrou onder die bus vasgekeer was.

Jandre Bakker, kommunikasiehoof van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, het aan Netwerk24 gesê die nooddienste is steeds op die toneel.

EWN berig die N1 is in albei rigtings gesluit.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, het Bakker gesê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *