EERSTE Nasionale Bank (FNB) met die bekende engelse slagspreuk, how can we help you, het besluit om vir nog vyf jaar as borg van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SA Rugby) ‘n pad te stap.

Dié bank het gedurende 2017 in onstuimige en ‘n donker tydperk vir SA Rugby die kans gevat om as ‘n borg van die Springbokke aan boord te kom.

Daai waagstuk het toe afbetaal toe die Bokke verlede jaar as Rugby Championship- en Wêreldbeker-kampioen gekroon is.

FNB se ikoniese handelsmerk sal weer as mede-borg agter op die Springboktrui – net bo die spelers se nommers – op die trui pronk. Die selfoonnetwerkverskaffer se logo pronk voor op die Bokke se trui as hoofborg. 

Oor FNB se toewyding om vir ’n verdere vyf jaar die pad saam met die Bokke te stap het SA Rugby se uitvoerende hoof, Jurie Roux, die volgende gesê: “Ons is ingenome om te kan bevestig dat FNB se assosiasie met die Springbokke sal voortduur.

“FNB is sedert 2017 ‘n goeie vennoot en ondersteun ons in baie meer maniere as net ‘n uit-en-uit borg.

“Hulle het geloof gewys in die Springbokke in moeilike tye, maar ek vertrou en glo dat ons goed vir mekaar was soos die span ontwikkel het en in 2019 sukses behaal het.

“Daar moet ook in ag geneem word dat gesprekke oor die hernuwing al lank voor die Wêreldbeker begin het en dit is ’n bewys van hoe goed die verhouding is.

“Ons sien uit daarna om ons suksesvolle verhouding in die komende seisoen voort te sit. SA Rugby is trots om ‘n vennoot van een van die sterk steunpilare van die Suid-Afrikaanse sakekamer te wees.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *