DIT het Dinsdag agt rondes van stemmery geneem vir die 13 rugbyunies verbonde aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SA Rugby) om die deelname van vier franchise aan ‘n Europee kompetisie goed te keur.

Die Bulls, Lions, Sharks en Stormers gaan vanaf volgende jaar aan die Pro16 – huidiglik die Pro14 – deelneem.

Dit beteken die Cheetahs en gelikwidieerde Southern Kings se deelname aan die kompetisie gaan tot ‘n einde kom.

Volgens ingeligtes was daar Dinsdag kwaai oor-en-weer gedebateer oor hoekom die Cheetahs sy status as ‘n Pro14-span moet behou.

Daar is toe by ‘n agtste ronde van stemmery ‘n uitslag van 11-2 gekry om die Cheetahs en se doppie te klink.

Son het egter verneem die Cheetahs en waarskynlik nog ‘n SA span sal egter heel moontlik in ‘n Super 8-kompetisie teen spanne van Australië gaan speel. Dit is nou as Australië dit regkry om sy eie Superrugby-kompetisie vanaf volgende jaar aan te bied. Nieu-Seeland het reeds aangedui dat hy op sy eie gaan en nie plek vir SA spanne het nie. Hy het ook net twee plekke vir Australiese spanne.

Dit blyk egter nou of die Aussies ook nie tyd het vir met die Kiwi’s saamspeel nie en eerder hul eie kompetisie wil skep en plek sal maak vir SA spanne.

Die gerugte loop ook sterk dat die Cheetahs se bestuur hulle tot die hof gaan wend om hul Pro Rugby-status te behou. Aangesien Dinsdag se besluit tot groot geldelike verliese kan ly.

Source: Die Son

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *