’N MAN van Elsiesrivier verskyn Maandag in die Goodwood-landdroshof nadat hy met ’n gekaapte voertuig in sy besit gevind is. 

Volgens sers. Noloyiso Rwexana is die man verlede Donderdag aangekeer.

“Die polisie het ’n wenk gekry oor twee verdagte voertuie by ’n huis in Chingford-weg in Epping Forest. Toe hulle by die huis aankom het hulle gevind dat die swart Toyota Tazz met ’n vervalse nommerplaat vroeer die maand in Goodwood gesteel is.”

Die kar se sleutels is in die 51-jarige man se besit gevind. Die kar se oorspronklike nommerplaat en lisensie disc is in ’n kamer in die huis gevind.

“Terwyl die polisie besig was om die huis te deursoek het hulle gesien hoe ’n vrou ’n sak weggooi. Met nadere ondersoek het hulle 179 Mandrax-tablette en tik gevind. Die 41-jarige vrou is ook gearresteer.”

Intussen het die polisie ook beslag gelê op ’n wit Nissan Sentra in Frerehof in Clarke Estate. Die voertuig is verlede maand in Mfuleni gekaap. 

In ’n ander voorval het die polisie Donderdag ‘n man in hegtenis geneem vir die besit van dwelms. Altesaam 20 pakkies tik is in sy besit gevind. 

In Bishop Lavis is ’n man ook Donderdag gearresteer, toe die polisie se misdaadvoorkomingseenheid stop en search patrollies in die gebied gedoen het.

Rwexana sê “Die polisie het die man se aksies verdag gevind, want hy het begin hardloop toe die polisie hom wou stop. Die polisie het hom agternagesit en ’n 9mm pistool in sy besit gevind. Hy verskyn Maandag in die Bishop Lavis-landdroshof.”

Source: Die Son

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *