NICK Bester, wenner van die Comrades Marathon in 1991, is Sondagoggend erg aangerand terwyl hy besig was om vir ‘n virtuele wedloop te oefen.

Die 60-jarige is na bewering deur drie mans aangeval wat hom vasgebind en sy Scott-fiets gesteel het.

Bruce Fordyce, ‘n negemalige Comrades-wenner wat ‘n goeie vriend van Bester is, het in ‘n Whatsapp-boodskap oor die voorval gesê: “Ek is baie jammer om julle in kennis te stel dat Nick Bester erg deur boewe aangeval en geslaan is terwyl hy geoefen het.

“Sy beserings is baie ernstig. Hy sukkel met gebreekte ribbes, ‘n gebreekte kakebeen en slegte snye in sy kop.

“Ek het met hom gepraat en hom aangeraai om vir X-strale te gaan om die erns van moontlike inwendige beserings te bepaal.”

Volgens Fordyce is Bester met klippe geslaan en teen ‘n bult opgesleep.

“Hy is toe weer met klippe geslaan, vasgebind en vir dood agtergelaat.  Nick moes deur die bos kruip om uiteindelik by ‘n pad uit te kom waar ‘n verbygaande motoris hom raakgesien en met hom hospitaal toe gejaag het,” het Fordyce bygevoeg.

Source: Die Son

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *