n Paar weke gelede, het ek Carlton Barnies se kontak besonderhede gekry na n lank soektog. Nadat ek hom kontak het en aan hom verduidelik wie ek is en dat ek hom n paar vrae wil vra, antwoord hy ek moet hom net kans gee want hy doen voorbereiding vir n toets en sodra hy tyd het, gaan hy die antwoorde vir my my aanstuur. Dit gaan so deur my gedagte, die jong man het n kontrak gekry by die Blou Bulle Rugby om sy loopbaan daar voort te sit, maar hy praat nie nou van rugby nie maar wel skoolwerk. Op n ouderdom van 17 jaar het die deure vir hom oopmaak en hy gryp die kans met albei se hande en kyk net voorentoe. Daar is net iets omtrent die Carlton wat my aandag getrek het en ek het gevoel dat ek die storie oor hom gaan skryf.

  1. Vertel ons meer van jouself– My naam is Carlton Banies en is huidiglik 17 jaar oud. My ma se naam is Ophelia Banies en pa se naam is Ricardo Banies. Ek het ook 2 sistertjies Calley (1Jaar )en Otávia (4jaar).
  2. Wat het jy op skool gedoen/geleer en waar ? Ek was op De Villiers Graaf Skool en het hierdie vakke Geografie, Rekeningkunde, Toerisme en Wiskunde geletterdheid.
  3. Na n volle dag se bedruiwighede by die skool, waarmee het jy jouself besig gehou? – Ek het n Streng routine gevolg wat behels om reguit na skool middagete te eet,te gym en dan veld oefening te doen.
  4. Op skool, waarmee het jy jouself besig gehou? – Ek fokus om goeie akkedemiese punte te kry en ek stel elke jaar vir my doelwitte op om rigting in my lewe te kry. Ek werk ook hard vir wanneer die geleenthede kom, want mens weet nooit wanneer GOD besluit om n geleentheid op jou pad te stuur nie.
  5. Ek sien jy het ook vir Boland Rugby Unie verteenwoordig in Craven Week, brei uit hoe het dit gebreur en waar ? – Ek was by Hoërskool De Villiers Graaf. Dit was vir my n droom om vir Boland Unie te speel. Coach Roelofse en Coach Van Aswegen(Essie), het geglo dat ek 2018 Grant Khomo span kon haal.Ek nie in myself geglo nie omdat ek al vanaf graad 6 net nooit n Boland span kon behaal het nie, maar het met 3 goeie proewes het ek dit reg gekry om in Die Grant khomo span te wees.
  6. Watter sport aktiwiteite beoefen jy behalwe rugby speel ? – Ek het vir die eerste keer gaan jag en wil dit meer gereeld laat gebeur.
  7. Wie is jou sport ikoon en hoekom ? – My sport ikoon is Manie libbok. Ek vergelyk my baie met hom omdat ek dieselfde spel wil he. Hy was een van die fikste spelers by die Blou Bulle rugby unie. Hy het n uitstekende aangee beide kante, skop ook goed met altwee voete en hy is nie bang om n gaping aan te vat nie.
  8. Wie is die invloedrykste persoon in jou lewe en hoekom ? – Gershon Witbooi .Hy is n Coach by Overberg Cricket Academy en is te danke aan hom dat ek by Hoërskool De Villiers Graaf kon aansluit het. Ek het ook n passie vir krieket, so ek het af en toe krieket ook gespeel.Ek het aangesluit by Overberg Cricket Academy en Gershon Witbooi het baie deure vir my oopgemaak.
  9. Almal in die gemeenskap kyk nou op na jou veral die jeug, jou rugby maats en familie. Watter boodskap wil jy graag vir hulle gee ? – Ons Gebruik altyd die engelse qoute , “Hard work beats talent when talent does not work hard”. Wat net sê dat jy kan die wereld se talent het, maar as jy nie hardwerk nie gaan jy nie ver kom nie.
  10. Baie mense het gedink dat jy in die weskaap gebore is en dat jy eendag vir die WP sou uitdraf maar toe WP nie na jou kant kyk nie, kom slaan die Blou Bulle ons met n slapriem. Hoekom die Bulle ? – Bulle het n baie goeie junior struktuur en ek glo ek kan my beste rugby in hul junior struktuur speel. Ek is ook gebore n Blou Bull so dis ook nog n droom wat ek waar laat word het.

Hierdie belowende jongman het in sy agterkop geweet dat hy vir hom moet regkry vir wanneer GOD die deur vir hom gaan oopmaak. So hy het gaan hardwerk vir dit wat hy wil he wat oppad is. Vandag kan hy omkyk en vir homself n klap op die skouer gee en noem dat die opofferings was nie alles verniet nie. Alle sterkte vir jou en hoop en vertrou jy gaan voluit sal gaan en trek die groen goud trui oor jou kop want jy verdien dit. GOD seen

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *