MEER as 1 000 leerders en onderwysers het al in die Wes- en die Oos-Kaap positief vir Covid-19 getoets.

Meer as 550 leerders, onderwysers en ondersteuningspersoneel in die Oos-Kaap het al positief getoets terwyl 154 provinsiale skole al tydelik gesluit is.

Volgens Debbie Schäfer, Wes-Kaapse minister van onderwys, het meer as 700 onderwysers en skoolpersoneel asook 88 leerders in die Wes-Kaap al positief getoets.

Son het die afgelope week berig oor onnies van verskeie skole in Athlone wat langs Klipfontein-weg naby die Athlone-stadion met posters betoog het.

Hulle het die motoriste aangemoedig om te hoot om hul support te gee.

Gasant Marlie, ’n onderwyser van Thornton Road Primary School, sê die Wes-Kaapse Onderwys­departement (WKOD) is “obsessed” met skole oophou.

Hy wil weet: “Teen watse koste moet ons voortgaan om onsself en die leerders aan die gevaar van Covid-19 te expose?

“Op die eerste dag van die skole het ons ’n leerder gehad wat geweier het om haar masker te dra.

“Sy het ons almal in gevaar gestel en ons kon nie die kind wegjaag nie.

“Hoekom moet die skole oopbly terwyl die kinders ook by die huis kan leer?

Source: Die Son

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *