VLAK-3 LOCKDOWN beperkinge is verander om plek te maak vir nog sektore. 

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand aangekondig dat eetplekke nou kan oop maak vir “sit-down” etes maar met beperkte kapasiteit. Persoonlike-sorgdienste soos haarkappers kan ook weer begin werk.

“Konferensies vir werkdoeleindes sal ook toegelaat word, asook cinemas, teaters en casinos met ‘n beperkte hoeveelheid persone wie toegelaat sal word.

“Nie-kontak sport, insluitende gholf en tennis kan ook weer gespeel word

Ramaphosa sê: “Vir baie was hierdie ‘n verlangse siekte, wat nou verander het en nader aan ons kruip.

“Baie ken nou iemand wie die siekte het. Baie is angstig vir die veiligheid van geliefdes.

“Mense is bekommerd dat hulle in die taxi, bus, kliniek, hospitaal of skool aangesteek kan word.

“Die angs is verstaanbaar, want soos die land stelselmatig oop maak verhoog die risiko van infeksie.”

Volgens die land se nommer een kan elkeen deur hul gedrag egter die waarskynlikheid verminder om aangesteek te word of ander aansteek.

Ramaphosa sê die virus gaan nog vir baie lank met ons wees. Elkeen moet persoonlike verantwoordelikheid neem.

“Ons voorkomingsreaksie is nou gefokus op die eenvoudige dinge wat elkeen kan doen.

“Ons moedig almal aan om ‘n masker te dra wanneer in die publiek is. Om jou masker gereeld te was met water en seep, en nie jou masker met iemand te deel nie.

Die president sê kennis is ook geneem van ‘n deurbraak in die behandeling van Covid-19 met die uitslae van dexamethasone.

‘n Studie deur die Oxford Universiteit in Brittanje het bevind dat die middel, wat ook in Suid-Afrika vervaardig word, tot ‘n derde van pasiente wat op asemhalingsmasjiene is se lewe kan red.

Ramaphosa noem: “Die departement van gesondheid en die ministriële advieskomitee het aanbeveel dat dexamethasone vir gebruik op pasiënte oorweeg kan word.

“Ons glo dit sal ons bestuur van die virus help verbeter.” 

Source: Die Son

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *